… maar baie dankie vir alles. As dit nie vir julle was nie. Ek sou nie my droom kon kry nie….Kedibone Seduana,
Sonder julle wonderlike hulp was ons nou te voet. Woorde kan nie se uit watter krisis julle ons gehelp het nie. Julle doen wonderlike werk en maak n groot verskilOom Joseph en Tannie Agnes van Wyk
Thank you so much for making my dream to go on the “Batty Tour” to London and Scotland a reality. I really appreciate it very much.Christopher Anderson
Die tannies en oom, wat ook ‘n geskenk ontvang het, was innig dankbaar. Dit was vir my so lekker om julle bederfpakkies aan hulle te kon gee. Die waardering was so opreg. Die een tannie is baie doof en ek is steeds nie seker sy weet van wie af dit gekom het nie:-) Ek glo nietemin sy het die gebaar en geskenkie oneindig waardeer. Dankie dat julle dit vir ons moontlik gemaak het om hulle almal se Kersfees seisoen te kon ophelder.Istie Childs,
Vreeslik baie dankie vir die pragtige geskenke wat julle vir Ryno gestuur het, hy het sommer dadelik die “brandweer wa” gebou. Die boek is baie, baie leersaam, selfs vir my. Hy sê ook baie dankie vir die geskenke, hy waardeer dit opreg.Carien,
Namens almal by Kwaggaspoort Reddingsdaad wil ons baie groot dankie sê vir alles wat ons ontvang het op 16 Oktober. Baie dankie vir die vleis, toiletbenodigdhede, heuning, lekkergoed, sout skyfies, lyfroom, voedsel, klere en skoene. Duisende, duisende dankies. Dit help ons regtig baie.Tannie Lenie Pretorius,
Ek wil net vir julle span sê baie, baie, baie dankie. Ek het so 2 jaar terug ‘n epos gestuur oor Louis Venter se been wat geamputeer is en dat die prostese te duur is vir hulle om te bekostig. Gister het hy sy been gekry en dis alles te danke aan julle! Nogmaals baie dankie dat julle my vriendin se las ‘n bietjie ligter gemaak hetMari-Elize Miles Nel,
Baie dankie vir die bydrae wat julle vir Luan gemaak het in die vorm van sy mooi rooi kragopwekker!. Dit is meer as amazing om te weet dat daar soveel mense daar buite is wat omgee en al lief geword het vir Luan.Stephan en Stephné,
Thank you very much for the toys, books, playground equipment and many other items that were donated to Ubuhle Care and Development on 31 May 2014. We can see the huge effort you made to collect everything and for the delivering it right to our doorstep. The children were over excited and are already enjoying themselves. God bless you all.
Melanie Prinsloo - Funding Manager,