Baie dankie van Bennemie af

March 21, 2017

Liewe Anria en Liezle,01

Net ‘n dankie-nota aan die Caring Daisies wat vir Bennemie geborg het vir die BDA OpvolgTerapie Opleidingskursus waar ek en sy was verlede week. Julle het ‘n baie goeie belegging gemaak, want ek kon toe met my eie oë sien die wonderwerk van Genade van Bo, harde werk elke dag met terapie en Bennemie se uithouvermoë wat haar lyfie na net 6 maande se terapie ‘n stappie nader gebring het aan ons einddoel om haar te help om meer onafhanklik te wees.

Gaan loer 20170306_135712gerus op haar facebook page (Bennemie Strydom) na nog foto’s en video van die kursus. Soos julle kan sien het ons julle naam met trots gedra.

Daar is geen woorde in my Mamma-hart wat presies kan weergee hoe dankbaar ek is dat julle hierdie moontlik gemaak het vir Bennemie nie. Mag God julle ook oor en oor en oor seen met Sy goedheid en liefde.

Liefdegroete Salome en Bennemie