Manna vir die BOERE konsert

February 01, 2016

Manna vir die Boere is ‘n projek wat tans soveel HARTE raak en ons glo dat hierdie konsert die Caring Daisies in staat sal stel om soveel meer te kan doen vir ons Boere.

Ons is dankbaar vir elke borgskap en elke kunstenaar wat ons harte SIEN en KEN in hierdie projek.

Ons gaan 20 Februarie geskiedenis maak met ‘n vertoning by die Voortrekker Monument wat Suid Afrika nooit sal vergeet nie. Ons kan nie wag om saam elkeen van JULLE, ons Daisy “FANS” en “ENGELE” te kuier nie.

Maak seker jy boek jou kaartjies en bring almal saam, oupa en ouma, al die niggies en nefies en natuurlik die kleingoed. Ons sal seker maak dit is ‘n dag vol bederf!

Kliek hier en kry jou kaartjies nou direk by computicket

Manna vir die Boere Konsert