‘n Wonderwerk vir Miane

March 06, 2017

Miane Ainslie was 19 maande oud toe die ongeluk gebeur het. Op 9 November 2015 was sy by haar ouma terwyl haar ma gewerk het. Haar ouma het haar rug vir ‘n sekonde gedraai toe Miane in ‘n opblaas swembadjie geval en amper verdrink het. Miane is na 23 minute terug gebring. Sy was ‘n maand in ICU.Miane Ainslie

Haar ma glo dat sy met die nodige hulp en terapie volkome kan herstel. Haar ma is ‘n enkel ouer en moes ophou werk om voltyds na Miane om te sien. Hulle het geen vaste inkomste of medies nie.

Miane is in die begin van Januarie 2017 ingeboek by die Life Entabeni Hospital Rehab Centre vir 4 weke. Haar ma hulle het dit reggekry om R120 000 in te samel , maar hulle benodig nog baie om te kan betaal vir die volle 12 weke wat sy nodig het om daar te bly.

Hulle het vir ons ‘n lys met benodighede gestuur wat Miane kort asook dokters en apteek rekening wat agterstallig is. Caring Daisies het gevra wat hulle die dringenste nodig het en hulle het gese hulle kort ‘n Staan raam vir Miane wat R10 522.14 kos.

Ons het die staan raam vir haar gekoop en aangeheg is ‘n foto van Miane in haar staan raam.