Pennies Kleuterskool

July 22, 2014

 

Pennies is geleë in die hartjie van Pretoria se middestad.  In hierdie skool is daar baie  minderbevoorregte kinders en ons aandag is spesifiek gevestig op Sonia Silvester en Anita Maritz.  Sonia is drie jaar oud en haar mamma is werkloos.  Haar mamma het ook twee ander seuns wat sy moet onderhou.  Die Caring Daisies betaal Sonia se skoolfonds vir 2012 wat R8,250 vir die jaar beloop.  Anita is ook drie jaar oud en het saam haar mamma en groot ouers in die Schubartpark woonstelle gewoon.  Hulle is met die onlangse gebeure uit hul woonstel gesit as gevolg van veiligheidsredes.  Hulle woon nou tydelik in Arcadia in ‘n woonstel.  Haar mamma is verstandelik gestrem en haar oupa en ouma werk nie meer nie.  Die Caring Daisies betaal Anita se skoolfonds vir 2012, asook drie maande se huurgeld vir die woonstel, wat ‘n totaal van R12,750 beloop.